Ek hou ‘n skoonmaak
vandag ruim ek op
alle puin en vuil
uit heel my kop
Want elk swaar probleem
alle kommer en worrie van my
nà my grote skoonmaak
dan is elke hartseer storie verby
Met ‘n emmer vol water
uit die kraan en seepskuim
word my hartseer en elke traan
uit die verlede deur myself opgeruim
Want ek laat met my skoonmaak
elke aaklige herinnering, elke pyn
met elke nare gedagte
een vir een uit my lewe verdwyn
Want nà my skoonmaak
dan word elke negatiwiteit
hier in my kop vervang
deur ‘n flinke dosis vrolikheid