Is ek ‘n digter
wat Hollands, Afrikaans, Fries
partykeer ook Engels of Frans skryf
wat sy woorde sorgvuldig kies
Is ek ‘n digter
‘n groot woordkunstenaar
of is ek slegs
‘n eenvoudig rymelaar
Is ek ‘n digter
‘n taalvirtuoos elk woord in die kol
of skryf ek slegs
sinloos my papier vol
Ek hoop ek is ‘n digter
want dit lyk my ‘n mooie taak
om met my gedigte
julle almal gelukkig te maak